Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 ‘mees gesoekte misdadigers’ in Gauteng aangekeer

Twee verdagtes wat met verskeie moorde en rooftogte in huise en sakeondernemings in Gauteng verbind word, is agter tralies.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes, twee van die mees gesoekte vermeende misdadigers in die provinsie, is Dinsdag in Cosmo City in Johannesburg in hegtenis geneem. Daar is ook op ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Een van die twee verdagtes wat die polisie Dinsdag in hegtenis geneem het. Foto: SAPD

Die twee het na bewering die gemeenskappe van Olievenhoutbosch in Tshwane en die omliggende gebiede geterroriseer.

Die twee sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Die polisie het vroeër ’n span op die been gebring om die verdagtes vas te trek. Een van hulle is vasgetrek nadat die span Dinsdag inligting gekry het. ’n Vuurwapen is in sy besit gevind wat met ’n saak in die Olievenhoutbosch-omgewing verbind word,” het Masondo gesê.

“Die man het die polisie na die tweede verdagte geneem, wat deur ’n venster probeer spring het om te ontsnap. Hy is uiteindelik in hegtenis geneem. ’n Ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie is in sy besit gevind,” het Masondo gesê.

Een van die ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie waarop beslag gelê is. Foto: SAPD
Meer oor:  Gauteng  |  Verdagtes  |  Misdadigers  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.