Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 meisies (9) doodgeslaan ‘om demone te verdryf’

’n Pastoor en twee lede van ’n familie in KwaZulu-Natal is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle twee negejarige meisies na bewering doodgeslaan het in ’n poging om “demone uit hulle te verjaag”.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, is een van die aangekeerdes die ma van een van die meisies.

“Die polisie het op 24 Maart ’n oproep van ’n anonieme persoon ontvang wat gevra het dat die polisie ’n huis besoek omdat daar ‘iets vreemds’ aan die gang is,” sê Mbele.

“By die huis het die polisie op die grusame toneel afgekom waar twee dogtertjies erg aangerand is. Die een was reeds dood en die ander een bewusteloos. Sy is enkele dae daarna ook aan haar beserings dood.”

Met die ondervraging het die familielede en die pastoor gesê die twee meisies is deur “demone” aangeval.

“Die familielede het ook beweer die meisies het gekla dat demone hulle aanval,” sê Mbele.

Dit is toe dat die familielede die meisies begin slaan het en hulle die pastoor gebel het.

“Met die pastoor se aankoms het hy ook die kinders aangerand,” sê sy.

Mbele sê die familielede het die meisie wat op die toneel dood is, daarna na ’n tradisionele geneser geneem.

“Dié kon niks vir haar doen nie, want sy was reeds dood.”

Met die verloop van die ondersoek is daar ook vasgestel dat nog ’n lid van dié familie in 2015 op geheimsinnige wyse dood is. Die familie het die persoon ’n dag ná haar dood begrawe sonder om die owerhede van haar dood in te lig. “Dieselfde sou waarskynlik met die twee meisies gebeur het,” sê Mbele.

Die drie beskuldigdes is in hegtenis geneem en sal Maandag in die landdroshof in Nkandla elk op twee aanklagte van moord verskyn.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Demone  |  Doodgeslaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.