Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 meisies in Goudveld verkrag

Twee kinders is die naweek in twee afsonderlike voorvalle in die Goudveld verkrag.

Sers. Mamello Mokhuoane, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n driejarige meisie van die Mmamahabane-township by Ventersburg is Saterdag uit ’n moddersloot gered nadat sy aangerand, verkrag en vir dood agtergelaat is.

Die kind het Vrydagmiddag omstreeks 18:05 buite gespeel toe ’n man haar in ’n sak gedruk het. Die man het die kind na ’n nabygeleë plaas geneem waar die wandade gepleeg is.

Mokhuoane sê ’n lid van die gemeenskap het die kind Saterdagoggend in die sloot sien lê en haar uitgehaal.

Die ma van die kind, wat na haar gesoek het, het by bure gehoor ’n meisietjie is gevind. Sy het die man by wie die kind was, opgespoor en hulle is saam na die Ventersburg-polisiekantoor.

Lede van die Thabong-polisiekluster se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe se hulp is ingeroep. Hulle het die kind geneem vir mediese behandeling.

Mokhuoane sê die eenheid het Sondag ’n verdagte in hegtenis geneem.

Aanklagte van verkragting en ontvoering word ondersoek. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

* Volgens Mokhuoane is ’n sewejarige kind van Thabong Sondagaand in haar ouerhuis verkrag. Die kind se ma het aan die polisie gesê ’n onbekende man het die aand by hul huis ingebreek.

Sy het haar dogters, wat op die vloer geslaap het, gehoor gil. Die ma het die aanvaller probeer keer, waarna die man haar weggestamp het en kaal uit die huis gevlug het.

Die vrou het op ’n polisiefluitjie geblaas en gemeenskapslede het die man in die straat gevang en aangerand voordat hy aan die polisie oorhandig is.

Die man moes mediese behandeling ontvang en is nou in aanhouding. Hy sal ook binnekort in die hof verskyn op aanklagte van huisbraak en verkragting.

Die polisie het die gemeenskap gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie.

Meer oor:  Goudveld  |  Meisies  |  Kinders  |  Kinderverkragting  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.