Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 met batterye van selfoontorings in hul besit aangekeer
Telecom cellular base station towers at blue sky w
Selfoontoring ter illustrasie.

Twee mans, wat polisiebeamptes glo probeer omkoop het nadat hulle met sowat R400 000 se vermoedelik gesteelde selfoontoringbatterye in hul besit betrap is, sal Maandag in die hof verskyn.

Die 34-jarige man en sy medebeskuldigde, ’n 36-jarige buitelander, is Vrydag omstreeks 20:00 op ’n passasiersbus op die N2 naby die Tshisane-nedersetting in die Oos-Kaap met die gesteelde goedere betrap.

Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Tsolo het op inligting gereageer oor vermoedelik gesteelde batterye wat vanaf Mthatha na Johannesburg vervoer word.

Die bus is by ’n padblokkade voorgekeer en deursoek, waarna 16 selfoontoringbatterye gevind en gekonfiskeer is.

Die twee mans het die polisiebeamptes met duisende rande probeer omkoop. Hulle is geboei en in hegtenis geneem.

Die mans sal Maandag in die landdroshof in Tsolo op aanklagte van omkopery en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom verskyn.

Koena sê daar sal ook vasgestel word of hulle met ander soortgelyke misdade verbind kan word.

Meer oor:  Selfoontorings  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.