Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 betrap met polisieboot, sonpanele

Die polisie in Noordwes het Vrydagmiddag twee mense vasgetrek wat met ’n polisieboot en vermoedelik ander gesteelde goedere in hul besit betrap is.

Die verdagtes, onderskeidelik 36 en 38, verskyn Maandag in die Vryburg-landdroshof op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, het kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, in ’n mediaverklaring gesê.

Volgens hom het die polisie in Vryburg, Jan Kempdorp (in die Noord-Kaap) en Warrenton (Noord-Kaap) Vrydag op ’n wenk reageer dat gesteelde goedere by ’n werkswinkel by die Vryburg-skougronde gehou word.

Die polisie het die twee verdagtes daar aangetref met verskeie goedere in hul besit. Hulle kon egter nie ’n bevredigende verduideliking gee oor waar hulle dit gekry het nie.

Die goedere het onder meer ingesluit ’n polisie-rubberboot, twee grassnyers en agt sonpanele met batterye.

Tselanyane sê daar is boonop vasgestel dat van die goedere op 23 Januarie in ’n huisbraak in Warrenton gesteel is.

Die polisie het beslag gelê op die goedere asook die voertuig waarmee dit vervoer is.

Meer oor:  Noordwes  |  Sonpanele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.