Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 met koperpype in Bfn betrap

Twee mans wat die naweek in besit van vermoedelik gesteelde koperpype van sowat R350 000 in Bloemfontein aangekeer is, sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die mans is Saterdag omstreeks 05:45 in Oranjesig in die stad aangekeer nadat die polisie op ’n wenk reageer het.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het twee konstabels inligting oor ’n wit bakkie opgevolg en die mans met die koperpype in hul besit aangekeer.

“Hoewel die twee mans probeer vlug het toe hulle die polisie sien, is hulle kort daarna aangekeer,” sê Makhele.

“Koperdiefstal het ’n negatiewe invloed op ons land en gemeenskappe, en dit is daarom belangrik dat mense met die polisie saamwerk om dit te voorkom,” het die Vrystaatse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane, gesê.

Die koperpype waarop die polisie Saterdag in Bloemfontein beslag gelê het. Twee mans is in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Meer oor:  Bloemfontein  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.