Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 Nederlanders reis voort ná rooftog

Twee Nederlanders gaan voort met hul reis in die land al is hulle Donderdag beroof.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat rowers Donderdag op ’n hoewe noord van Pretoria toegeslaan en onder meer die twee Nederlanders en hul toergids beroof het.

Minstens drie rowers het op die hoewe in Buffelsdrift toegeslaan en skote geskiet.

Petrus Nel, voorsitter van die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum, wat ook vir Buffelsdrift verantwoordelik is, sê die polisie het nog geen verdagtes vasgetrek nie.

Hy sê die reën wat Donderdag oor die gebied uitgesak het, het die spore van die rowers weggespoel. Dit het sake bemoeilik.

Ons het gereël dat die Nederlanders die aand op ’n ander plek gaan slaap waar daar veiligheidswagte was.

Hy sê dit is nie duidelik wat alles weg is nie, maar dit lyk voorlopig of die rowers selfone gebuit het.

“Die rowers het drie vroue saam met hulle die veld ingeneem. Ons het egter vinnig gereageer en hulle het die vroue laat gaan,” sê Nel.

Dit is onduidelik hoeveel mense op die hoewe was ten tyde van die voorval. Niemand is ernstig beseer nie.

“Almal, ook die Nederlanders, was baie geskok,” sê Nel.

“Ons het gereël dat die Nederlanders die aand op ’n ander plek gaan slaap waar daar veiligheidswagte was,” sê Nel.

Dicks Dietsrichsen, wat op ’n hoewe daar naby woon, sê hy het gehoor die Nederlanders het besluit om met hul toer voort te gaan en dat hulle tans in die Krugerwildtuin is.

Die toergids wat hulle vergesel, se selfoon was Saterdag afgeskakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.