Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 nooddienswerkers in Khayelitsha aangeval

’n Man en vrou wat vir die Wes-Kaapse mediese nooddienste werk, is Woensdag in Makhaza in Khayelitsha aangeval.

Dit was die negende keer vanjaar dat nooddienswerkers in die provinsie aangeval word.

Die voorval het omstreeks 16:40 in Bacastraat plaasgevind.

Drie verdagtes word in verband met die voorval gesoek.

Deanna Bessick, woordvoerder van die Wes-Kaapse mediese nooddienste, sê die aanvalle is sinneloos.

Hulle het op ’n oproep in die Khayelitsha-omgewing gereageer.

“Dit is nie die eerste, tweede of selfs derde keer nie, maar die negende voorval vir die jaar. Dit is ook kommerwekkend dat die jongste voorval helder oordag was. Dit wys dat opportunistiese misdadigers bereid is om die lewens van ons personeel in gevaar te stel en bewys hoe gewetenloos hulle is,” sê Bessick.

Die twee nooddienswerkers is met ’n vuurwapen en ’n mes gedreig en beroof.

“Hulle het op ’n oproep in die Khayelitsha-omgewing gereageer. Drie verdagtes het hulle oorval terwyl die pasiënt in die ambulans was. Die pasiënt is daarna na ’n ander ambulans oorgeplaas” sê Bessick.

Bessick sê niemand is in die voorval beseer nie en die bemanning ontvang berading.

Die voorval is by die polisie in Khayelitsha aangemeld.

“Ons ondervind tans geweldige druk met Covid-19 wat besig is om verwoesting in ons land te saai en daarom sal daar ’n groot aanvraag na mediese nooddienste wees,” sê Bessick.

“Die Wes-Kaapse gesondheidsdienste doen ’n beroep op die publiek om nie amptenare wat in dié moeilike tyd ’n belangrike diens moet lewer, aan te val nie.”

Bessick moedig enigiemand met inligting oor enige van die voorvalle aan om dit by hul naaste polisiekantoor aan te meld.

Meer oor:  Khayelitsha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.