Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 ontsnap vir ’n rukkie uit Malmesbury-tronk

Twee gevangenes het Donderdag uit ’n tronk in Malmesbury ontsnap en is weer dieselfde middag gevang.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, sê die polisie in Malmesbury ondersoek die omstandighede waarin hulle omstreeks 10:00 uit die tronk in Malmesbury ontsnap het.

“Die verdagtes, van 23 en 28 jaar oud en wat onderskeidelik weens huisbraak en diefstal en diefstal aangehou is, is deur die polisie in hegtenis geneem en is terug in die korrektiewe fasiliteit,” sê Traut.

“Die twee het ten tyde van die Covid-19-siftingsprosedures by die sentrum ontsnap,” sê Delekile Klaas, provinsiale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste.

Klaas sê die twee het daarin geslaag om op ’n muur in die binnehof te klim en op die dak te kom.

Hulle het oor die omheining aan die agterkant van die sentrum gespring om te ontsnap.

“Weens die vinnige reaksie van korrektiewe amptenare, die polisie en die gemeenskap is albei aangehoudenes net ná 15:00 weer in hegtenis geneem,” sê Klaas.

Meer oor:  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.