Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 op begrafnis gevang oor onwettige vuurwapen

Twee mans is tydens ’n begrafnis in Gqeberha (Port Elizabeth) in hegtenis geneem vir die besit van ’n onwettige vuurwapen.

Die polisie het Saterdagmiddag op die mans toegeslaan waar hulle omstreeks 14:15 ’n begrafnis in KwaZakhele gemonitor het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die verrigtinge dopgehou nadat inligting oor moontlike wanorde ontvang is.

Die polisie het tydens die begrafnis ook inligting ontvang van ’n vuurwapen by die begrafnis wat in ’n silwer Chevrolet Aveo-motor versteek is.

“Die bestuurder van die Aveo het weggery nadat hy die polisie opgemerk het,” sê Naidu.

’n Jaagtog het tussen die polisie en die Aveo ontstaan.

“Terwyl die polisie die motor in Makubalostraat agternagesit het, is gesien hoe die passasier ’n vuurwapen by die venster uitgooi,” sê Naidu.

Die polisie het kort daarna daarin geslaag om die motor voor te keer en die bestuurder en passasier is in hegtenis geneem.

Naidu sê die polisie het ook die vuurwapen wat langs die pad uitgegooi is, gevind. Die 9 mm-pistool se reeksnommer is afgevyl.

Die twee beskuldigdes sal Maandag in die landdroshof in Motherwell verskyn vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Meer oor:  Pe  |  Gqeberha  |  Begrafnis  |  Inhegtenisname  |  Ontwettige Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.