Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 op Williston vas weens roof, verkragting

Twee mans is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n 75-jarige vrou in haar huis in Williston in die Karoo aangehou, beroof en verkrag het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê twee mans het Saterdagaand omstreeks 22:00 by die vrou se huis op die dorp ingebreek en haar met ’n mes aangehou.

Sy is van haar bankkaarte en ander waardevolle artikels beroof.

Die rowers het die bejaarde vrou se hande en voete vasgebind voordat hulle daar weg is om geld te gaan trek. Hierna het hulle na die huis teruggekeer en een van die mans het die vrou verkrag.

Kock sê die polisie het ’n soektog van stapel gestuur en het 14 uur later twee verdagtes vasgetrek nadat hulle inligting opgevolg het.

Hy sê die verdagtes is by hul huise in Williston in hegtenis geneem.

Die een verdagte is 29 jaar oud en die ander is ’n minderjarige wat 17 jaar oud is. Die ondersoek duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.