SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Misdaad
2 polisielede gewond toe man uit hut op hulle skiet

Twee polisiebeamptes is Donderdagaand in Philippi-Oos naby Kaapstad in ’n skietery gewond. ’n Man het uit ’n hut op hulle geskiet.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, polisiehoof in die Wes-Kaap, het Vrydag die aanval op die polisiebeamptes ten sterkste veroordeel. Twee lede van die Nyanga-polisiekantoor is in die aanval in die Siyangena- informele nedersetting in Philippi-Oos gewond.

Die verdagte het in die ure ná die skietery op die polisie eers sy meisie, wat saam met hom in die hut was, doodgeskiet en daarna homself.

Die twee beamptes is in die hospitaal opgeneem.

Intussen blyk dit egter dat die twee polisiebeamptes nie hul koeëlvaste baadjies aangehad het nie.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede waaronder die twee polisiebeamptes gewond is, word nog ondersoek. “Die besonderhede van operasionele werksaamhede kan egter nie bekendgemaak word nie,” sê hy.

Die skietery het Donderdagaand omstreeks 23:45 plaasgevind. Die twee polisiebeamptes was deel van ’n groep beamptes van die Nyanga-polisiekantoor wat inligting opgevolg het van ’n onwettige vuurwapen wat in ’n hut in Siyangena gehou word.

Traut sê iemand het van binne die hut op die polisie geskiet.

Die man van in sy 30’s wat vermoedelik op die polisie geskiet het, het omstreeks 02:00 sy meisie van in haar 20’s, wat saam met hom in die hut was, doodgeskiet en toe homself.

Traut sê sake van moord en poging tot moord sal ondersoek word en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Meer oor:  Philippi-Oos  |  Beamptes  |  Polisie  |  Skietery  |  Gewond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.