Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 polisielede van Limpopo vas oor drank agter in vangwa

Twee polisielede sal Dinsdag in die landdroshof in Lephalale in Limpopo verskyn nadat hulle glo drank in ’n polisievangwa vervoer het.

Die 39-jarige sersant en 32-jarige konstabel is verbonde aan die Bulgerivier-polisiekantoor. Hulle is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo bier by ’n drankwinkel gekoop het en die kratte agter in ’n polisievangwa vervoer het. Dit is onwettig om gedurende die nasionale staat van inperking drank te koop of te verkoop.

Matome Moremi-Tauetsoala, woordvoerder van die departement van veiligheid in Limpopo, sê die 39-jarige eienaar van die drankwinkel is ook in hegtenis geneem.

Die polisie het op die drank beslag gelê.

Twee polisielede van Limpopo is gevang oor drank agter in hul vangwa. Foto: SAPD

Intussen is die polisie en die departement van veiligheid in Limpopo bekommerd oor taxi’s wat mense op grondpaaie in afgeleë gebiede na Mpumalanga en Gauteng vervoer.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR van veiligheid in Limpopo, sê daar is taxibestuurders wat sonder die nodige permitte passasiers vervoer. Twee taxibestuurders is Maandag in die Groblersdal-gebied deur verkeersbeamptes voorgekeer omdat hulle glo sonder permitte passasiers na Mpumalanga wou vervoer. Die twee bestuurders is in hegtenis geneem.

Verkeersbeamptes het Saterdag in dieselfde gebied ’n taxi voorgekeer wat vol drank gelaai was. Die bestuurder was glo van plan om die drank na Mpumalanga te smokkel.

Moremi-Tauetsoala waarsku mense om nie die provinsiale grense sonder die nodige permitte oor te steek nie.

Meer oor:  Lephalale  |  Limpopo  |  Misdaad  |  Polisie  |  Drank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.