Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 polisielede vas oor hulle glo drank koop

Twee polisiebeamptes verbonde aan die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS) in die Wes-Kaap sal die nag agter tralies deurbring nadat hulle glo op heterdaad betrap is deur kollegas by ’n Tops-drankwinkel in die Strand waar hulle besig was om drank te koop.

Die twee adjudant-offisiere van onderskeidelik 45 en 50 jaar, het boonop glo ook nog hul diensvoertuig gebruik vir die uitstappie na die drankwinkel.

Luidens inligting het ao. L. Sylvester inligting ontvang dat die Tops-drankwinkel in die Strand onwettig drank verkoop. Daar gekom is glo gevind dat die winkel alkohol ter waarde van R4 100,79 aan die twee polisiebeamptes verkoop het. Die twee het glo in die inloopyskas geskuil en later by die agterdeur uitgevlug waar hulle ingewag en in hegtenis geneem is.

Die twee polisiebeamptes en twee werknemers van die drankwinkel sal Vrydag of Maandag in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die onwettige verkoop van drank kragtens die Wet op Rampbestuur.

Intussen het twee ander Tops-drankwinkels op die Kaapse Vlakte Dinsdag onder plunderaars deurgeloop.

In die eerste voorval is die Tops-drankwinkel by die Avonwood-winkelsentrum in Avonwood, Elsiesrivier, kort ná 11:00 deur ’n horde mense geplunder. Die glasvensters is gebreek en mense het op onder meer houtpalette en inkopietrollies gestaan en drank na mekaar gegooi.

In Belhar het mense kort ná 16:00 op die Cavalier Tops toegesak, die glasvensters met die inkopietrollies begin stukkend slaan en die winkel geplunder.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie sewe mense tussen die ouderdom van 18 en 33 vir die voorval by Avonwood in hegtenis geneem het. Hulle gaan van diefstal en inbraak aangekla word.

In Retreat is ’n 30-jarige vrou Donderdag deur die Steenberg-polisie in hegtenis geneem nadat hulle gesien het hoe twee mense – dié vrou en nog ’n persoon – ’n drankwinkel waarby daar ingebreek is met alkohol verlaat het.

Potelwa sê die twee mense het op die vlug geslaan toe hulle die polisie sien, maar die polisie het daarin geslaag om die vrou aan te keer.

Nog mense word gesoek, sê Potelwa.

Ses jeugdiges is in Mfuleni in hegtenis geneem nadat hulle Woensdagaand by ’n drankwinkel daar ingebreek het.

“Daar word beweer dat 20 jeugdiges ’n deur van die winkel gebreek en so toegang tot die winkel verkry het.”

Volgens Potelwa weet hulle nog nie hoeveel alkohol gesteel is nie.

Twee mense is Donderdag op Hermanus in hegtenis geneem nadat hulle by ’n drankwinkel daar ingebreek het en ’n hele aantal bottels drank gesteel het. Potelwa sê hulle is in aanhouding en sal eersdaags in die hof verskyn op aanklag van diefstal en inbraak.

Meer oor:  Koronavirus  |  Polisiebeamptes  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.