Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 polisiemanne vas ná koperdiefstal van R200 000

Die polisie in KwaZulu-Natal het twee van hul eie makkers in hegtenis geneem ná ’n wilde jaagtog.

Die twee polisiesersante en ’n derde verdagte was in ’n insleepvoertuig in Umlazi waarin koperkabel vervoer is.

Volgens die polisie is die drie gevang terwyl ’n polisietaakspan van Umkomaas op soek was na die verdagtes in ’n onverwante voorval.

Die gesteelde Telkom-koperkabel is meer as R200 000 werd. Foto: Ter illustrasie

“Lede van die taakspan het opgemerk hoe ’n kabel agter die insleepvoertuig getrek word en het die voertuig agterna gesit. Drie verdagtes tussen 29 en 44 jaar oud is in hegtenis geneem vir die besit van koperkabel en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur,” sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Sy sê die twee sersante werk by die Umlazi-polisiekantoor.

Die polisieondersoek toon die koperkabel behoort aan Telkom en is volgens Mbele R267 486 werd.

Die Valke het die ondersoek oorgeneem.

“Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Umlazi verskyn.”

“Dié inhegtenisneming wys dat niemand bo die reg verhewe is nie. Alle vrot appels wat misdaad pleeg en agter die SAPD se embleem wegkruip, sal voor stok gekry en swaar gestraf word,” het sy gesê.

Meer oor:  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.