Twee renosters is in ’n reservaat buite Phalaborwa in Limpopo doodgeskiet en hul horings is daarna gestroop.
Die provinsiale polisie sê in ’n verklaring die karkasse van die witrenosters met koeëlgate is Maandag gekry.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê geweerskote is die vorige nag gehoor, waarna intensiewe patrollies op verskeie plekke in die reservaat gedoen is.
Die stropers word nog gesoek.
Enigiemand met inligting kan speur-adjudant-offisier Johan Chomse by 063 316 9809 of kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524 bel.
Die Stopmisdaadnommer 08600 10111 en die My SAPS-app kan ook gebruik word vir anonieme wenke.

Een van die renosters wat op ’n reservaat buite Phalaborwa in Limpopo gestroop is. Foto: SAPD