Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 selfoondiewe loop hul rieme styf

Twee mans wat Vrydagaand ’n vrou se selfoon gesteel het, het hul rieme styfgeloop teen haar flink optrede en haar tegniese vernuf.

Die klaagster (24) was in die speletjiesarkade by die Boardwalk-vermaaklikheidsentrum in Port Elizabeth toe twee mans om 21:30 haar Galaxy A20-selfoon, wat langs haar handsak was, steel.

Die mans het toe hulle die selfoon gesteel het, dadelik laat spaander.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die klaagster het dadelik haar selfoon se G-mail-opsporingstelsel geaktiveer.

Volgens Naidu het die vrou haar selfoon se sein al die pad na Patersonstraat in Noordeinde gevolg.

Hierna het die vrou by die Mountweg-polisiekantoor aangedoen om hulp.

Die polisie het haar bygestaan en het die verdagtes in Ou Grahamstad-weg in hegtenis geneem. Hulle was steeds in besit van die gesteelde selfoon.

Die verdagtes (36 en 38 jaar oud) is in hegtenis geneem in verband met die besit van beweerde gesteelde goedere.

Hulle gaan na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.