Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 spring van balkon toe rowers toeslaan

’n Man en ’n vrou het Dinsdagmiddag vanaf die eerste verdieping van ’n huis in Schoemansville, Hartbeespoort in Noordwes, gespring om van rowers te ontsnap.

Drie rowers het die agterdeur van die huis afgebreek om toegang tot die huis te kry, het lt.kol. Adele Myburgh, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Sy sê die huis is opgedeel in verskillende woonstelle met verskeie inwoners.

“Twee mense wat tydens die voorval in die huis in hul onderskeie kamers was, het die geraas gehoor toe die rowers die deur oopgebreek het. Een van hulle, ’n vrou, het hulle gesien en besluit om van haar kamer se balkon af te spring om te ontsnap,” sê Myburgh.

Die vrou het haar been gebreek en onder op die grond gelê.

Myburgh sê ’n man in ’n ander kamer het haar onder op die grond sien lê en besef wat gebeur.

“Hy het ook by die balkon van sy kamer afgespring. Hy het die beseerde vrou na veiligheid gesleep, waarna die plaaslike buurtwag en nooddienste op die toneel opgedaag het.”

Volgens Myburgh het die drie rowers gevlug met ’n skootrekenaar en ’n selfoon.

“Omdat al die inwoners van die huis nie tydens die voorval tuis was nie, is dit moontlik dat meer items gesteel is.”

Loanne Louw, woordvoerder van Hartbeespoort Emergency Rescue Unit, sê die vrou se tibia (skeenbeen) en fibula (kuitbeen) is gebreek. Sy is na die Mediclinic in Brits geneem.

Louw sê die man het behandeling geweier en is nie na ’n hospitaal geneem nie.

Volgens TimesLive is die twee slagoffers Pumi Shange (26) en Blessing Hlope (30).

Die polisie kon nie onmiddellik die slagoffers se name bevestig nie. ’n Saak van huisbraak word ondersoek.

Meer oor:  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.