Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 sterf in koeëlreën in Eldorado Park
Farouk Meyer

Twee mans is naby ’n motoronderdele-winkel in Eldorado Park, Johannesburg, in ’n koeëlreën in ’n motor doodgeskiet.

Volgens inligting is Farouk Meyer, ’n veroordeelde moordenaar, een van die twee slagoffers wat Maandag in die aanval dood is.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie se ondersoek is steeds in ’n vroeë stadium en die identiteit van die oorledenes kan nie bekend gemaak word nie.

Volgens die polisie se inligting het die voorval Maandag omstreeks 17:40 in Boundaryweg naby ’n motoronderdele-winkel gebeur.

“ ’n Getuie het geweerskote gehoor en ná ondersoek ’n motor aangetref wat vol koeëlgate was,” lui Peters se verklaring.

Die insittendes van die motor is albei geskiet. Die bestuurder is op die toneel dood, terwyl die passasier in die hospitaal dood verklaar is.

Yusuf Abramjee, gemeenskapsaktivis, het aan Netwerk24 gesê hy het betroubare inligting ontvang dat een van die slagoffers Meyer is. Die tweede slagoffer is glo ’n vriend van Meyer. Boodskappe van medelye met Meyer se familie is ook reeds op sosiale media geplaas.

Today we lay you to rest,Today we lay down not only A father,a uncle, a brother and a friend. But Today we lay down A...

Posted by Tashrique Meyer on Tuesday, 27 April 2021

Beeld het vroeër berig Meyer is in 2000 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op drie mans in Club 12 Play by Hillfox, Roodepoort, tydens ’n geskil tussen twee faksies van die berugte Majimbos-bende. Meyer het aangevoer hy het slegs op een man uit selfverdediging geskiet.

In 2010 het hy uit die tronk ontsnap, glo om sy onskuld te probeer bewys. Abramjee, wat toe die hoof van Crime Line was, het later ’n oproep van Meyer ontvang en sy vrywillige oorhandiging aan die polisie in Johannesburg gefasiliteer.

Abramjee sê hy het sedertdien nie kontak met Meyer gehad nie.

Meyer is in 2014 op parool vrygelaat.

Peters sê die polisie het met ’n soektog begin na diegene wat vir die skietvoorval verantwoordelik is. Die motief vir die aanval is nog onduidelik.

Enigiemand met inligting kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Gone to rest with ur beautiful mom aunty Suri. May Allah grant u'll Jannatul Firdouz Ameen??rest easy Farouk Meyer????

Posted by Julie Cassim on Tuesday, 27 April 2021
Meer oor:  Eldorado Park  |  Johannesburg  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.