Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 stropers vas, Kruger-veldwagter steeds soek

Twee vermeende stropers is Donderdag in die Stolznek-gebied in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem nadat twee pas onthoringde renosterkarkasse deur veldwagters gevind is.

Volgens Isaac Phaahla, woordvoerder van Sanparke, is die veldwagters deur die lugvleuel bygestaan.

“Die veldwagters het opvolgwerk gedoen en die twee verdagtes vasgetrek. Hul strooptoerusting en ’n grootkaliberjaggeweer is gekonfiskeer.”

Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn op verskeie aanklagte wat verband hou met stropery, sê hy.

Intussen is die uitgebreide soektog steeds aan die gang nadat Checkers Mashego (51), ’n veldwagter van die Krugerwildtuin, Dinsdag tydens ’n roetinepatrollie in die suide van die wildtuin verdwyn het.

Mashego is in 1995 by die park aangestel. Hy is as vermis by die polisie aangemeld.

“Hy word steeds vermis en die soektog duur voort,” het Phaahla Donderdagaand gesê.

Mense met inligting kan hul naaste polisiekantoor of Sanparke se noodoproepsentrum by 013 735 0197 of 076 801 9679 skakel.

Meer oor:  Krugerwildtuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.