Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 Tanzaniërs in PE vas oor dagga-handel
Van die 164 sakke dagga waarop die polisie Saterdag beslag gelê het in ’n klopjag by ’n huis in Cotswold, Port Elizabeth. Foto: Verskaf
Verseëlde daggaprodukte wat deur die polisie gekonfiskeer is. Foto: Verskaf

Twee Tanzaniese burgers wat na bewering met sowat ’n halfmiljoen rand se dagga in Port Elizabeth in hul besit betrap is, sal Maandag in die hof verskyn.

Die polisie se teenbende-eenheid het Saterdagoggend in ’n intelligensie-gedrewe klopjag by ’n huis in Lewerkiestraat, Cotswold, toegeslaan en vertrekke aan die agterkant van die huis deurgesoek.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring twee mans, onderskeidelik 20 en 22 jaar oud, is in hegtenis geneem weens handel in dagga nadat daar na bewering byna 180 kg dagga en verwante produkte gevind is in die vertrekke wat hulle huur.

Die polisie het ook op drie selfone, ’n skaal en toerusting vir vakuumverseëling beslag gelê.

Brig. Thandiswa Kupiso, waarnemende bevelvoerder van die Mountweg-polisiekluster, het die verhuurders gemaan dat hul eiendom ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad aan die staat verbeurd verklaar kan word indien hul huurders betrap word in die uitvoer van ’n misdaad op hul eiendom.

Meer oor:  Polisie  |  Misdaad  |  Vas  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.