Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 tieners aangekeer vir moorde in Philippi-Oos

Twee tieners is vasgetrek in verband met ’n aanval verlede Dinsdagaand in Philippi-Oos waarin vyf mense dood is.

Sewe verdagtes het omstreeks 18:30 by ’n huis in Blok 4 ingestorm en blindelings begin skiet. Vier jong mans is op die toneel dood terwyl ’n vyfde later in ’n hospitaal gesterf het.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring onderskeidelik ’n 18- en 19-jarige is Maandag in Delft in hegtenis geneem.

“Speurders van Philippi-Oos, ondersteun deur lede van die nasionale openbare-orde-polisiëringeenheid, het inligting opgevolg en toegeslaan op ’n huis in Hoofweg in Delft.”

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Athlone op aanklagte van moord verskyn.

Potelwa sê hulle verwag om nog verdagtes in hegtenis te neem namate die ondersoek vorder.

Meer oor:  Philippi-Oos  |  Tieners  |  Aangekeer  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.