Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 uitlanders met R9,9 m. se perlemoen betrap

Twee mans is Maandag op die N7 naby Philadelphia in die Wes-Kaap met perlemoen met ’n geraamde straatwaarde van sowat R9,9 miljoen in hul besit betrap en in hegtenis geneem.

Lede van die Valke, misdaadintelligensie en die departement van bosbou en visserye het gehoor van ’n vrag onwettige perlemoen wat in twee voertuie vervoer word.

Die perlemoen is in dié bokse verpak en in ’n vragmotor se geheime kompartement versteek. Foto: Verskaf

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het gesê ’n wit Hino-vragmotor en ’n wit Audi is op die N7 geïdentifiseer. Die voertuie was op pad van Malmesbury af.

Beamptes het die voertuie by ’n vulstasie in Philadelphia laat stilhou.

Die bestuurder van die vragmotor is van Zimbabwe en die bestuurder van die Audi is ’n Chinees.

Van die perlemoen in die 70 bokse waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Albei voertuie is deursoek en gedroogde perlemoen is in ’n versteekte kompartement onder die vragmotor gevind.

Daar is 70 bokse met 23 896 gedroogte perlemoen gevind.

Die mans is in hegtenis geneem en die voertuie is na die polisiekantoor in Philadelphia vir verdere ondersoek geneem.

Hani het gesê die verdagtes is onderskeidelik 28 en 35 jaar oud en sal Woensdag in die landdroshof in Atlantis op aanklagte van die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne verskyn.

Die polisie het die perlemoen uit die bokse gehaal en in bewyssakke geplaas. Foto: Verskaf
Die 70 bokse gedroogte perlemoen was in dié versteekte kompartement, net onder die groot bak van die vragmotor, weggesteek. Foto: Verskaf
Meer oor:  Philadelphia  |  Perlemoen  |  Betrap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.