Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 van berugte Pta-bende in arres

Twee lede, na bewering lede van ’n berugte bende in Gauteng, is agter tralies.

Die verdagtes, ’n man en vrou, het Vrydag in die landdroshof in Mamelodi op aanklagte van diefstal, betreding en bedrog verskyn.

Die 37-jarige paartjie is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig geld van huurders by die Inkandla Hostel ingesamel het, sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Dit volg nadat die polisie ’n taakspan saamgestel het om daadwerklik toe te slaan en die Boko Haram-bende se skrikbewind hier tot ’n val te bring. Die bende hou geen verband met die djihadiste-terroristeorganisasie wat in Wes-Afrika gesetel is nie.

Die paartjie is nie gevra om te pleit nie en hul saak is tot later in die maand uitgestel.

“Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie omdat die polisie verwag dat nog slagoffers na vore kan kom,” sê Peters.

Volgens haar kan daar dus dalk in die komende dae nog inhegtenisnemings volg.

Peters sê die polisie het besluit om beslissend teen die bende op te tree wat ’n skrikbewind onder die inwoners van Mamelodi voer.

Volgens lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, dateer die bende se misdade so ver as 2018 terug.

Slagoffers wat al in die verlede sake by die polisie ingedien het, trek dit dikwels later terug uit vrees vir viktimisering. Mawela het ’n beroep op dié slagoffers gedoen om nou na vore te tree om hul sake te heropen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.