Twee jong mans (18) is Vrydag in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte in hegtenis geneem toe die polisie se bende-eenheid onwettige vuurwapens by hulle gekry het.

’n Rewolwer is by ’n man buite die huis gevind toe die polisie se bende-eenheid hom ondersoek het. Foto: Verskaf
Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die provinsie se bende-eenheid was besig om die gebied te patrolleer toe hulle ’n wenk oor die onwettige besit van vuurwapens ontvang.
“Die lede het flink opgetree en hulle na die gegewe adres gehaas. Hulle het die huis binnegegaan en ’n soektog begin wat tot die ontdekking van ’n ongelisensieerde geweer en 55 koeëls gelei het.”
’n Agttienjarige man is in hegtenis geneem en aangekla vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Twee jong mans is Vrydag in Bishop Lavis op die Kaapse vlakte in hegtenis geneem toe die polisie se bende-eenheid onwettige vuurwapens by hulle gekry het. Hierdie geweer is in ’n huis gevind. Foto: Verskaf
Buite die huis het die polisielede nog ’n man gekry wat ondersoek is.
“Ook hy het ’n ongelisensieerde wapen, ’n rewolwer, by hom gehad met ses koeëls.”
Albei verdagtes sal Maandag in die hof in Bishop Lavis verskyn.