Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 van Delft oor moord op 3 mans in hut aangekeer

Twee mans van Delft wat na bewering drie ander mans ná ’n argument oor drank vermoor het, verskyn Donderdag in die landdroshof in Bellville.

Die mans het ure nadat hulle die hut ná die argument verlaat het, teruggekom en vir Xolile George (19), Siyamela Dintsi (21) en Abongile Dintsi (23) doodgeskiet.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval was Dinsdagoggend in die Lockdown Village- informele nedersetting in Delft-Suid.

Volgens haar het lede van die Delft-polisiekantoor ’n 25-jarige en ’n 29 jarige man Dinsdagaand vir die moorde in hegtenis geneem.

Potelwa sê die polisie is kort ná 05:00 na die informele nedersetting uitgeroep. Daar gekom, het hulle die drie oorledenes, elk met veelvoudige skietwonde in die bolyf, dood in die hut gevind.

Sy sê inligting wat die polisie op die toneel bekom het, het daarop gedui dat daar Maandagaand ’n argument oor alkohol in die hut was. Twee mans is glo gesien waar hulle die hut verlaat.

Inwoners van Lockdown Village het Dinsdag in die vroeë oggendure skote vanuit die hut gehoor en twee mans te voet sien vlug.

Meer oor:  Delft  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.