Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 van JMPD ondersoek wat vrou op straat ‘teister, mishandel’

Die Johannesburg-metropolisiediens (JMPD) het Woensdag bevestig hy ondersoek ’n voorval waarin twee van sy beamptes Sondag op video vasgelê is terwyl hulle ’n straatverkoper in die noordelike voorstede “teister en mishandel”.

Die video is deur ’n omstander, Tony Oliveira de Sousa, op sy Facebook-blad geplaas. In die video beskuldig hy die beamptes dat hulle die straatverkoper “teister en mishandel”.

De Sousa skryf op Facebook die metropolisiebeamptes wou glo omkoopgeld van die straatverkoper hê, maar sy kon hulle nie betaal nie omdat sy daardie dag niks verkoop het nie.

Hulle het ook glo geweier om hulself aan De Sousa te identifiseer nadat hy by die toneel stilgehou en hulle met sy videokamera gekonfronteer het.

Die video wys hoe die metropolisiebeamptes die vrou se hondemandjies, wat sy op straat verkoop, konfiskeer.

In ’n stadium is daar ’n hewige argument tussen die metropolisiebeamptes en lede van die gemeenskap wat hulle ook van teistering en mishandeling beskuldig.

Nog metropolisiebeamptes daag dan op en verwyder al die straatverkoper se hondemandjies tot groot ontsteltenis van De Sousa en die omstanders.

Xolani Fihla, ’n woordvoerder van die JMPD, het Woensdag by navraag gesê ’n ondersoek is begin na die gedrag van die twee metropolisiebeamptes.

“Die JMPD neem kennis van die video en inskrywing op Facebook waar metropolisiebeamptes glo ’n lid van die publiek, wat goedere langs die pad verkoop het, mishandel en teister. Die voorval is onder die aandag van die bestuur van die departement gebring en word ondersoek.”

Volgens Fihla was die beamptes Sondag deel van ’n operasie om onwettige smouse, wat sonder ’n permit goedere op straat verkoop, te beboet.

“Die metropolisiebeamptes het hul taak uitgevoer. Die straatverkoper het nie ’n geldige permit gehad nie en ook nie in die aangewese gebied artikels verkoop nie. In so ’n geval moet die persoon beboet en hul voorraad gekonfiskeer word,” het Fihla gesê.

“Die bewerings van omkopery, teistering en mishandeling word ondersoek en indien die beamptes skuldig is, sal daar teen hulle opgetree word.”

Meer oor:  Metropolisie  |  Jmpd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.