Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná aanval met kookwater
polisie
Foto ter illustrasie.

Twee mans is aangekeer kort ná ’n plaasaanval Saterdagoggend op Reivilo in Noordwes waarin Schalk (64) en Lana (63) Coetzee deur minstens drie aanvallers aangerand, gemartel en beroof is.

Corné Heyns, voorsitter van die gemeenskapsveiligheidseenheid (GVE) van Reivilo, sê Coetzee is Saterdagoggend buite die huis deur die mans oorval.

“Hulle het hom oorrompel en sinkplate, klippe en ’n waterbak op hom gepak sodat hy nie kon beweeg nie.

Die mans is toe die huis in waar hulle Lana aangeval het.

Hulle het haar vreeslik geslaan en kookwater oor haar kop uitgegooi.

“Hulle het haar vreeslik geslaan en kookwater oor haar kop uitgegooi,” sê Heyns.

Die mans wou geld hê en het ná ’n ruk vir Coetzee gaan haal en ook in die huis aangerand en met kookwater gebrand.

Hulle het geglo daar is baie geld en dit is blykbaar waarom die egpaar so gemartel is, sê Heyns.

Hulle het Coetzee met doringdraad in die badkamer vasgebind voordat hulle in die egpaar se Nissan X-Trial gevlug het.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, sê nadat die aanvallers weg is, kon Lana haar loswikkel en by die bure gaan hulp soek.

Die polisie het op die erg beseerde Coetzee afgekom waar hy met draad vasgebind is en het die nooddienste ontbied.

Die samewerking tussen die verskillende polisiestasies, veiligheidsmaatskappye, boere en ander lede van die gemeenskap was wonderlik.

“Die samewerking tussen die verskillende polisiestasies, veiligheidsmaatskappye, boere en ander lede van die gemeenskap was wonderlik,” sê sy.

Myburgh sê 'n gesteelde bankkaart is in ’n stadium gebruik en danksy dié inligting, ’n helikopter wat ingespan is en inligting wat baie vinnig op sosiale media versprei is, is vasgestel dat die mans in Schweizer-Reneke is.

Hulle het blykbaar die padblokkade buite Schweizer-Reneke gesien en te voet verder gevlug.

Inwoners was op die uitkyk vir die mans en het saam met die polisie die net al hoe nouer gespan. Die eerste twee verdagtes is kort daarna aangekeer.

Die derde man het in ’n stadium in ’n wildkamp geskuil en was Saterdagmiddag nog nie vasgetrek nie.

Myburgh sê die polisie het beslag gelê op ’n 9 mm-pistool wat vermoedelik in die rooftog gebruik is.

Die egpaar is in die hospitaal opgeneem.

Meer oor:  Schweizer-Reneke  |  Reivilo  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.