Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas nadat baba verlate in Milnerton gevind is
Foto ter illustrasie Foto: Unsplash/Omar Lopez

’n Man en vrou van onderskeidelik 20 en 23 jaar oud is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat ’n baba van drie maande oud die vorige dag verlate in Milnerton gevind is.

Die polisie het ’n klag van kinderverlating aanhangig gemaak nadat die meisietjie in Omuramba gevind is.

Die twee sal Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisiediens, sê die twee mense is vroeg die oggend in verband met die saak in hegtenis geneem.

“Die baba is na ’n plek van veiligheid in Milnerton geneem,” sê Rwexana.

Joshua Chigome, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, sê die voorval is ook aangemeld by die departement se Milnerton-kantoor en by die Afrikaanse Christen-vrouevereniging (ACVV) in Kaapstad, ’n organisasie wat kinderbeskermingsdienste bied.

Die baba is na ’n plek van veiligheid in Milnerton geneem.

Volgens die bestuur van die Milnertonse kantoor van maatskaplike ontwikkeling is dit die eerste geval van baba-verlating wat vanjaar by hul kantoor en die ACVV aangemeld is.

“Daar is nie gereeld sulke gevalle in Milnerton nie – dit gebeur hoogstens twee keer per jaar in dié gebied,” sê Chigome.

Hy wil ouers wat nie die verantwoordelikheid van hul pasgebore babas of kleuters kan hanteer nie, aanraai om met die departement of die polisie in verbinding te tree, eerder as om hulle op ’n verlate plek te los. “Dit stel die kind se lewe in gevaar.”

Meer oor:  Milnerton  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.