Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná bejaarde se lyk in huis in Sedgefield gevind is

Twee mans is in hegtenis geneem nadat die lyk van ’n 80-jarige man Maandag in sy huis in Paul Krugerstraat in Sedgefield in die Suid-Kaap gevind is.

’n Inwoner het Maandag omstreeks 22:00 op die man se lyk afgekom, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Volgens Pojie is twee verdagtes binne ure ná die voorval in die woonbuurt Smutsville in hegtenis geneem.

Die inwoner wat die man se lyk gevind het, het opgemerk dat die oorledene se hond in die straat ronddwaal. Dit was vir die inwoner vreemd en hy het besluit om ondersoek in te stel.

Hy het die man se huis ingegaan en op die lyk afgekom. Die man was reeds dood. Sy hande was met ’n stuk lint agter sy rug vasgebind en daar was ’n lap in sy mond. Sy mond is met dieselfde stuk lint toegebind.

Sy hande was met ’n stuk lint agter sy rug vasgebind en daar was ’n lap in sy mond.

Pojie sê die verdagtes het items soos ’n DStv-dekodeerder, ’n mes en ’n persoonlike dagboek gesteel en op die vlug geslaan.

Die ondersoek het die polisie na ’n huis in die nabye Smutsville gelei waar die gesteelde items gevind is. Twee mans in hul laat twintigs is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting later vandeesweek in die landdroshof in Knysna verskyn op aanklagte van moord en huisbraak.

Die oorledene se naam is nog nie bekendgemaak nie omdat al sy naasbestaandes nog in kennis gestel moet word.

’n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

* Die man is die tweede bejaarde wie se lyk binne 48 uur in die Suid-Kaap in sy huis gevind is. Sondag is die lyk van ’n afgetrede NG predikant, John Barnard (87), in sy huis in Gouritsmond tussen Mosselbaai en Albertinia gevind. Hy is na verneem word aangerand. ’n Verdagte is in hegtenis geneem.

Meer oor:  Polisie  |  Kapt. Malcolm Pojie  |  Sedgefield  |  Suid-Kaap  |  Moord  |  Vermoor  |  Bejaarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.