Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas nadat hulle met lyk in huis betrap is

’n Man en vrou wat in die huis betrap is waar ’n bejaarde man se lyk versteek was, sal Dinsdag in verband met sy moord in die hof verskyn.

Die lyk van Richard Adams (87) is Saterdagaand in sy huis in Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), gevind. Die lyk was volgens die polisie met ’n kombers toegedraai.

Richard Adams
Die huis in Walmer waar die lyk van Richard Adams (87) die afgelope naweek deur die polisie gevind is. Foto: Lulama Zenzile

Dít kom nadat Adams se dogters omstreeks 18:30 by sy huis opgedaag het, maar hy nie die deur oopgemaak het nie. Hulle het agterdogtig geraak toe hulle beweging in die huis sien, en het die polisie gebel.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die dogters het ’n spaarsleutel aan die polisie gegee waarmee die polisie toegang tot die huis verkry het.

’n Man (36) en vrou (28) is in die huis betrap. Die polisie het ’n geslote kamerdeur oopgedwing, waar Adams se lyk in die kombers gevind is.

Die man en vrou is onbekend aan die familie en is in die huis in hegtenis geneem.

Familielede het Maandag buite Adams se huis gestaan nadat die polisie hul forensiese ondersoek afgehandel het.

Een van die familielede het gesê hulle gaan nie kommentaar lewer nie, aangesien hulle slegs weet Adams is in die huis vermoor en hulle nog nie verdere inligting het nie.

Volgens die polisie het Adams verskeie steekwonde opgedoen, en ’n lykskouing sou Maandagmiddag gedoen word.

Meer oor:  Walmer  |  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Huis  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.