Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná man by winkelsentrum in Upington beroof is

Danksy die flink optrede van polisiebeamptes van Olifantshoek en Kathu is twee verdagtes Donderdag aangekeer nadat ’n man van ’n groot bedrag kontant by ’n winkelsentrum in Upington beroof is.

Die verdagtes is omstreeks 17:30 in Olifantshoek aangekeer.

Volgens kapt. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, was die slagoffer op pad om die geld te deponeer toe hy oorval is.

Die geld wat gesteel is. Foto: Verskaf

Die polisie het inligting ontvang om op die uitkyk vir die verdagtes te wees en hulle is aangekeer.

Van die slagoffer se besittings is glo by hulle gekry. ’n Ford Fiesta wat vermoedelik tydens die voorval gebruik is, is ook gekonfiskeer, sê Kock.

Die verdagtes sal binnekort op ’n aanklag van roof in die landdroshof in Upington verskyn.

• Volgens die polisie kan hulle nie die bedrag wat gesteel is, bekend maak nie.

Meer oor:  Upington  |  Winkelsentrum  |  Beroof  |  Kontant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.