Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná onwettige sigarette by blokkades gevind is

Twee mans verskyn na verwagting vandeesweek in twee verskillende howe in die Vrystaat nadat die polisie Maandag by twee padblokkades op duisende onwettige sigarette beslag gelê het.

Een van die mans word ook van omkopery aangekla nadat hy ’n polisielid na bewering met R1 800 wou omkoop.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het polisielede wat Maandag ’n padblokkade by die R59-pad naby Viljoensdrif beman het, ’n voertuig opgemerk wat langs die pad geparkeer was.

Hierdie onwettige sigarette wat in swart sakke versteek is, is Maandag by ’n padblokkade by die R59-pad naby Viljoensdrif gevind.

Die beamptes het na die voertuig gegaan en versoek om die voertuig te deursoek.

“Onwettige sigarette wat in swart sakke versteek is, is gevind. 2 470 pakkies sigarette met ’n waarde van nagenoeg R20 000 is gevind.”

Makhele sê die 40-jarige verdagte wat na bewering ’n polisielid wou omkoop, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die hof in Sasolburg op aanklagte van die besit van vermoedelik onwettige sigarette en omkopery verskyn.

Intussen is ’n taxibestuurder dieselfde dag by ’n padblokkade op die N3-hoofweg naby Harrismith vir die besit van onwettige sigarette aangekeer.

Die boks met onwettige sigarette wat in die besit van ’n taxibestuurder op die N3-hoofweg naby Harrismith gevind is.

Volgens Makhele is die taxi Maandag omstreeks 13:00 voorgekeer en deursoek.

Die polisie het op ’n boks met sigarette ter waarde van R12 500 beslag gelê.

Die taxibestuurder verskyn eersdaags in die hof in Harrismith op ’n aanklag van die besit van vermoedelik onwettige sigarette.

Meer oor:  Onwettig  |  Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.