Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná rooftog in Klerksdorp

Twee mense is vasgetrek weens ’n transitorooftog in Klerksdorp waarin R3 miljoen gesteel is.

Die Valke het Welcome Marcus (50) en Charles Anthony Scheepers (54) Sondag in onderskeidelik Edenvale en Fleurhof in Johannesburg aangekeer, het kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, gesê.

Die twee mans het Dinsdag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn en sal na verwagting Dinsdag (22 Mei) daar om borgtog aansoek doen.

Die rowers het op 11 April toegeslaan deur hulle voor te doen as veiligheidspersoneel wat kontant by Klerksdorp se Nedbanktak gaan oplaai het.

Volgens Rikhotso het hulle uniforms aangehad en vervalste identifikasiedokumente by hulle gehad.

“Sowat R50 000 is by een van die verdagtes se huis gekry. Ons is ook warm op die spoor van nog verdagtes wat na bewering saam met die twee beskuldigdes gewerk het.”

Genl.maj. Linca Mbana, hoof van die Valke in Noordwes, het die inhegtenisneming verwelkom en gewaarsku dat geen moeite ontsien sal word om te verseker dat almal betrokke by die rooftog aan die pen ry nie.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Gewapende Roof  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.