Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná skietery op N3

Die polisie het Dinsdagmiddag twee verdagtes in Edenvale aan die Oos-Rand in hegtenis geneem ná ’n wilde jaagtog op die N3-hoofweg.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie was besig met ’n roetinepatrollie in Edenvale toe hulle ’n man wat verdag gelyk het agter die stuur van ’n vragmotor in Linksfieldweg gesien het.

“Die verdagte het uit die vragmotor geklim en in ’n nabygeleë Toyota Rush met twee insittendes gespring.”

Die bestuurder van die motor het met die Linksfield-afrit by die N3-hoofweg aangesluit en die polisie het die motor agterna gesit,” sê Peters.

“Die verdagtes het op die polisie begin skiet wat op hul beurt teruggeskiet het en wat die verdagtes se voertuig tot ’n stilstand gedwing het. Twee van die verdagtes het uit die motor gespring en weggehardloop. Een van hulle is voorgekeer en in hegtenis geneem. Die ander een het weggekom.”

Peters sê die derde verdagte is in die skietery beseer en hy het in die motor gebly. Dié verdagte is onder polisiebewaking na die hospitaal geneem.

Die verdagte wat aangekeer is.Foto: SAPD

Sy sê ’n voorlopige ondersoek dui aan die vragmotor is in Edenvale gesteel, terwyl die Rush wat as wegkomvoertuig gebruik is vals nommerplate gehad het.

Die polisie ondersoek of dié motor moontlik ook gesteel is.

Die polisie en die verdagtes in ’n Toyota Rush het Dinsdagmiddag op die N3-hoofweg op mekaar geskiet. Foto: SAPD

Peters sê die polisie soek nog na die verdagte wat te voet gevlug het.

Toerusting wat gebruik word om voertuie te steel, insluitende “car jammers” is in die motor gekry.

Die verdagtes verskyn binnekort in die landdroshof in Edenvale op aanklagte van poging tot moord, die besit van ’n gesteelde voertuig, die besit van motordiefstaltoerusting en roekelose en nalatige bestuur.

Die toerusting wat vermoedelik gebruik is om voertuie te steel is in die Toyota Rush gekry. Foto: SAPD

Meer oor:  Edenvale  |  Jaagtog  |  Misdaad  |  N3  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.