Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná skietgeveg in Centurion
Ondersoekers by die BMW waarmee die verdagtes probeer vlug het. Foto: Felix Dlangamandla
Twee mense is Woensdag in hegtenis geneem ná ’n skietgeveg met polisiebeamptes by die Centurion Mall in Centurion. Foto: Felix Dlangamandla

Twee verdagtes is Woensdag ná ’n skietgeveg met die polisie by die Centurion Mall-winkelsentrum in Centurion in hegtenis geneem.

“Polisiebeamptes het gedurende ’n patrollie omstreeks 14:00 ’n verdagte voertuig, ’n wit BMW, genader wat in die onderdakparkeerterrein van die winkelsentrum geparkeer gestaan het,” sê kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder.

“Toe lede die voertuig nader, het die mense weggejaag en ’n vuurwapen op die polisie gerig. Die polisie het die voertuig agternagesit, wat deur ’n veiligheidsversperring gery het. ’n Skietgeveg het uitgebreek waarna die twee verdagtes in hegtenis geneem is,” sê Miller.

Die gebied by die winkelkompleks is afgesper terwyl ondersoekers die toneel vir leidrade gefynkam het. Foto: Felix Dlangamandla

Een van die verdagtes is gewond en onder polisiebewaking na ’n plaaslike hospitaal gebring. Niemand anders is beseer nie. Elektroniese toerusting is in die verdagtes se voertuig gevind.

“Geen winkel is beroof nie. ’n Ondersoek sal aan die lig bring aan wie die toerusting behoort en of dit gesteelde goedere is,” sê Miller.

Die mans staan tereg op klagte wat verband hou met die rig van ’n vuurwapen, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en kwaadwillige beskadiging van eiendom.

Die winkelbestuur het by navraag gesê hy gee sy volle samewerking aan die polisie.

Meer oor:  Centurion  |  Polisie  |  Skietgeveg  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.