Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 aangekeer ná transito-rooftog in KZN

Twee vermeende transitorowers het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Babanango in KwaZulu-Natal verskyn in verband met ’n transitoroof verlede maand.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, sê die beskuldigdes, Mduduzi Biyela (28) en Khumbulani Shandu (37), sal in aanhouding bly totdat hulle weer op 26 April in die hof saam met ander beskuldiges, Makabongwe Biyela (20), Sphesihle Langa (23), Sanele Mpanza (25), Muziwandile Ngcobo (32) en Sibusiso Sithole (37), verskyn.

Volgens Mhlongo is veiligheidswagte in ’n geldwa op 29 Maart tussen Nkandla en Melmoth in KwaZulu-Natal deur ’n groep transitorowers van die pad gedwing en met vuurwapens gedreig.

“Die veiligheidswagte is van vuurwapens en ’n onbekende bedrag kontant beroof. Die verdagtes het daarna gevlug. Die saak is aan die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdade oorhandig vir ondersoek.

"Vyf verdagtes is op 12 April in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die ander twee is Dinsdag aangekeer,” het Mhlongo gesê.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Veiligheidswagte  |  Geldwa  |  Aangekeer  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.