Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas ná vlaag rooftogte in George

Twee mans, onder wie ’n taxibestuurder, is in hegtenis geneem ná ’n onlangse vlaag rooftogte in George.

Een man (27) is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag van die besit van onwettige ammunisie. Vroeër is ’n 21-jarige taxibestuurder ook vasgetrek. Nog twee mans word gesoek.

Volgens die polisie het vier mans op 12 April omstreeks 19:00 op ’n winkel in Yorkstraat in George toegeslaan.

Hulle het ’n personeellid gedreig en toe met ’n onbekende bedrag geld, drie selfone en sigarette gevlug.

’n Toyota Quantum-taxi wat glo aan die taxibestuurder behoort, is later met die voorval verbind, luidens ’n verklaring.

Speurders van die polisie in George het onlangs die taxi in die sentrale sakekern in George opgemerk en dit gevolg na Thembalethu, waar die bestuurder in hegtenis geneem is. Hy word glo verbind met ’n aantal rooftogte by winkels in Pacaltsdorp en Conville. Die polisie het beslag gelê op die taxi wat na bewering deur die rowers gebruik is om te vlug.

Vrydag is polisielede verbonde aan die Eden-kluster se misdaadbestrydingspan, die eenheid vir openbare orde en speurders van die polisie in George ontplooi in misdaadgeteisterde gebiede nadat hulle ’n wenk ontvang het oor beweerde misdaadbedrywighede. ’n Huis in sone 5 in Thembalethu is deursoek. Die polisie het afgekom op ammunisie en ’n fop-vuurwapen. Die 27-jarige man is toe in hegtenis geneem. Die moontlikheid word ondersoek dat hy met nog rooftogte verbind kan word.

Meer oor:  George  |  Rooftogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.