Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas nadat Amerikaner sterf

Twee mans verskyn Vrydag in die landdroshof in Midrand in verband met die skietdood van ’n Amerikaanse burger in ’n mislukte motorkaping vroeër vanjaar.

“ ’n Gesamentlike operasie deur beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) en die polisie het daartoe gelei dat twee mans in hegtenis geneem is,” sê kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder.

Volgens Makhubela is die mans, onderskeidelik 27 en 36 jaar oud, vroeër in die week aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en poging tot motorkaping.

“Die vermoede bestaan dat dié mans ook moontlik met ander geweldsmisdade verbind kan word,” sê Makhubela.

’n Groep gewapende mans in ’n wit Audi A4 het Michael Clifford Edwards en sy vrou op 7 Januarie in Midrand aangeval.

“Twee mans het uit die voertuig gespring en probeer om by verkeersligte in die Edwardse se Nissan X-Trail te klim. Edwards is in die kapingspoging, op die hoek van Maple- en Kyalami Main-weg, doodgeskiet. Sy vrou is in die bolyf gewond. Paramedici het haar vir mediese behandeling na ’n hospitaal geneem,” sê Makhubela.

Robert Mearkle, ’n woordvoerder by die Amerikaanse ambassade, kon nie besonderhede oor die toestand van Edwards se vrou aan die media bekend maak nie.

“Ek is nie by magte om strafregtelike sake wat Amerikaanse burgers raak sonder die toestemming van die familie met enigiemand bespreek nie,” sê Mearkle.

Meer oor:  Amerika  |  Midrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.