Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas nadat hulle glo OTM in winkel wou beroof
Rower het vermoedelik probeer om die kluis van ’n OTM in die Spar-winkel in Gelvandale oop te sny. Foto: Verskaf

Twee vermeende rowers het hul rieme styfgeloop toe hulle Maandagoggend ’n OTM in ’n winkel in Gelvandale probeer beroof het ná ’n soortgelyke voorval waarin geld in Algoapark gesteel is.

Die mans, onderskeidelik 52 en 54 jaar oud, is Maandag omstreeks 02:30 in die Spar-winkel in Gelvandale, Port Elizabeth, betrap toe hulle ’n OTM in die winkel wou beroof.

Die polisie se teenbende-eenheid wat die gebied gepatrolleer het, was eerste op die toneel nadat die winkel se alarm afgegaan het.

“Met hul aankoms het die polisielede beweging in die winkel gesien. Die verdagtes is vasgetrek terwyl hulle probeer vlug het,” sê kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

Volgens die polisie het die mans deur die dak toegang tot die winkel verkry, waarna hulle probeer het om die OTM se kluis in die winkel met ’n slypmasjien oop te sny.

Hulle kon dit egter nie regkry nie en het toe die winkel se kleingeld uit ’n kluis in ’n kantoor gesteel. Die beweging in die kantoor het blykbaar die alarm laat afgaan.

Die kluis in die kantoor van die winkel, waar die inbrekers glo sakke met kleingeld uitgehaal het. Foto: Verskaf

Die mans het glo sakke vol kleingeld in die winkel laat val kort voordat hulle vasgetrek is.

Hulle sal binnekort in die plaaslike landdroshof op aanklag van huisbraak en diefstal verskyn.

“Die vermoede bestaan dat meer mense betrokke was. Die moontlikheid dat dieselfde verdagtes die naweek by ’n soortgelyke inbraak in Algoapark betrokke was, word ook ondersoek,” sê Janse van Rensburg.

Rowers het Vrydagnag geld uit ’n OTM in die Spar-winkel in die woonbuurt Algoapark gesteel. Hulle het ook deur die dak toegang tot die winkel verkry en die OTM se kluis oopgesny waarna hulle ’n onbekende bedrag kontant gebuit het.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Gelvandale  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Beroof  |  Inhegtegisname  |  Winkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.