Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas oor betoging by Motherwell

Twee mense wat deelgeneem het aan ’n betoging op die Addo-pad (R335) in Motherwell by Port Elizabeth, is Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem.

Die polisie dra ’n betoger Woensdag in Motherwell. Twee betogers is weens die beskadiging van infrastruktuur in hegtenis geneem. Foto’s: Lulama Zenzile

’n Skare van meer as 100 mense het Woensdag om 04:00 opgeruk en het die pad met klippe, takke en rommel versper. Buitebande is ook aan die brand gesteek.

Die pad was ure lank vir verkeer gesluit en ’n swaar polisieteenwoordigheid is ingeroep om die situasie onder beheer te kry.

Die groep gegriefde inwoners is ontevrede omdat die Nelson Mandelabaai-metro begin het met die verskaffing van elektrisiteit en riolering in een van die buurte.

Hulle wil hê hul buurt moet voorkeur kry. Sommige kla ook dat inwoners nie werk by die projek kry nie.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes van onderskeidelik 25 en 37 jaar oud is weens die beskadiging van infrastruktuur in hegtenis geneem.

Volgens Beetge gaan die mans Donderdag in die landdroshof in Motherwell verskyn.

Die polisie het die pad om 13:00 heropen nadat dit opgeruim is.

Teen 16:00 het die betogers steeds gewag dat Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai, hulle toespreek.

Volgens Beetge hou die polisie die situasie fyn dop om enige voorvalle van geweld te voorkom.

Die Addo-pad in Motherwell was Woensdag ure lank vir verkeer gesluit.
Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.