Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas op grenspos oor R10 m. se dwelms en alkohol

’n Man en ’n vrou sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Komatipoort in Mpumalanga verskyn nadat hulle na bewering met dwelmmiddels met ’n straatwaarde van ongeveer R10 miljoen betrap is.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, is die 50-jarige man en 48-jarige vrou Maandag by die Lebombo-grenspos naby Komatipoort in hegtenis geneem nadat die polisie op dwelmmiddels en alkohol in versteekte kompartemente van ’n vragmotor en sleepwa afgekom het.

Dit blyk dat die dwelmmiddels, tik en heroïen, van Mosambiek na Suid-Afrika op pad was.

“Die dwelmmiddels het ’n straatwaarde van sowat R10 miljoen en sou in Suid-Afrika versprei word,” het Hlathi gesê. Die man en vrou verskyn in die hof op aanklagte wat verband hou met die handel in en besit van dwelmmiddels en onwettige alkohol.

Die man en vrou wat Maandag by die Lebombo-grenspos naby Komatipoort in Mpumalanga in hegtenis geneem is nadat die polisie op dwelmmiddels en alkohol in versteekte kompartemente van ’n vragmotor en sleepwa afgekom het.Foto: SAPD
Die dwelmmiddels, tik en heroïen, en alkohol waarop die polisie Maandag beslag gelê het.Foto: SAPD

Meer oor:  Lebombo-Grenspos  |  Komatipoort  |  Dwelms  |  Alkohol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.