Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas vir moord op raadslid in Limpopo

Twee mans is bykans ’n jaar ná die moord op ’n ANC-raadslid van Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem.

Thabang Maupa (42) was baie uitgesproke oor die miljoene rande wat agt munisipaliteite in Limpopo by die VBS Mutual Bank belê het.

Thabang Maupa (42), ’n ANC-raadslid van die Fetakgomo Tubatse-munisipaliteit in Burgersfort, Limpopo, is verlede jaar doodgeskiet.Foto: Facebook/Thabang Maupa

Hy was ’n raadslid in die Fetakgomo Tubatse-munisipaliteit wat die Burgersfort-gebied bedien.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die twee mans van onderskeidelik 34 en 35 jaar oud sal Maandag in die landdroshof in Praktiseer verskyn nadat hulle Vrydag in hegtenis geneem is.

Maupa en sy vrou het op 26 November verlede jaar omstreeks 19:30 hul restaurant by Riba Cross langs die R37-pad gesluit toe ’n onbekende aantal aanvallers uit die niet op hulle losgebrand het.

Maupa is dood en sy vrou is deur ’n opslagkoeël beseer.

Past. Derick Mosoana, voorsitter van Christene van Suid-Afrika (Cosa), het ná Maupa se dood gesê dit was ’n politieke moord.

Maupa het kort voor sy dood op Facebook diegene wat nie “uitpraat” oor die beweerde korrupsie by die VBS Mutual Bank nie, skerp gekritiseer.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, sê die inhegtenisneming van die twee verdagtes stuur ’n sterk boodskap dat niemand die lang arm van die gereg sal vryspring nie.

Kagiso Maroga
Kagiso Maroga (34) is weens die moord op ‘n ANC-raadslid in Limpopo in hegtenis geneem. Foto: SAPD
Dan Tjie
Dan Tjie (35) het Maandag in die Praktiseer-landdroshof in Limpopo verskyn weens die moord op ‘n ANC-raadslid van Burgersfort in Limpopo. Foto: SAPD
Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Thabang Maupa  |  Limpopo  |  Burgersfort  |  Inhegtenisnames  |  Misdaad  |  Anc-Raadslid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.