Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat glo kaarthouers se inligting verkoop

Twee mans wat na bewering kredietkaarthouers se inligting aan ’n sindikaat verkoop het, het Dinsdag in die Goodwoodse landdroshof in Kaapstad verskyn.

“Vuyile Vincent Magwaza (29) en Ntombenkosi Hono (23) het as agente in ’n inbelsentrum van ’n betroubare finansiële diensteverskaffer in Goodwood gewerk,” sê kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, Dinsdag in ’n verklaring.

Agt kaarthouers het tussen 1 Maart en 9 April gesamentlik meer as R95 000 op hierdie wyse verloor.

“Hulle het na bewering kredietkaarthouers se inligting aan ’n sindikaat verskaf. Die sindikaat het daarna gekloonde kaarte vervaardig en dit in onwettige aankope gebruik,” sê Nkwalase.

Agt kaarthouers het tussen 1 Maart en 9 April gesamentlik meer as R95 000 op hierdie wyse verloor.

Die twee agente het na bewering toegang tot die kaarthouer se inligting verkry terwyl hulle kliënte se navrae en versoeke hanteer het, sê Nkwalase.

Die twee is Woensdag in hul werkplek in hegtenis geneem.

Die saak is uitgestel tot 18 Junie vir verdere ondersoek en hulle is op borgtog van R500 vrygelaat.

* In ’n onverwante saak het ’n 43-jarige vrou op 15 April in die landdroshof in Germiston, Gauteng, op aanklagte van bedrog verskyn.

Nkwalase sê Nokuthula Ndaba het na bewering sowat R4 miljoen van ’n man via ’n afspraak-webwerf gesteel.

“Nadat sy ’n verhouding met die slagoffer aangeknoop het, is hy na bewering ’n sakevennootskap belowe en later gevra om geld na verskeie bankrekeninge oor te plaas en deur middel van ander transaksies te stuur,” sê Nkwalase.

“Die beweerde bedrogspul het tussen Mei en Augustus 2016 plaasgevind. Die saak is in September 2016 by die polisie aangemeld.”

Die saak teen Ndaba is na die landdroshof in Bellville oorgeplaas en sal op 29 Mei aangehoor word.

Borgtog van R2 000 is aan haar toegestaan.

Meer oor:  Valke  |  Kaapstad  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.