Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat glo koper in treinsinjaal steel

Twee mans is Woensdagoggend in Kraaifontein, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat ’n veiligheidswag van ADT hulle betrap het met sinjaaltoerusting wat glo van ’n spoorweg gesteel is.

Die polisie het bevestig dat die mans (18 en 21) om 08:20 in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die mans is gevang met ’n staalboks wat toerusting vir sinjale bevat, wat uit koper gemaak is.

Hulle verskyn Vrydag in die landdroshof in Kraaifontein in verband met die besit van gesteelde eiendom.

ADT het Vrydag gesê die wag het twee mans langs die spoorweg opgemerk terwyl hy in Sandringhamweg patrolliediens gedoen het.

Die mans het die toerusting agter hulle aangedra en is voorgekeer om te vra hoekom dit in hul besit is.

“Ná verdere ondersoek, het die wag die vermeende diewe aangekeer toe daar besef is dat hulle toerusting van die spoorweg wegdra en die polisie is toe ook in kennis gestel. Hulle is in hegtenis geneem en in die Kraaifontein-polisiekantoor aangehou.”

Meer oor:  Kraaifontein  |  Steel  |  Toerusting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.