Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat glo renosterkoei en -kalfie skiet

Twee vermeende renosterstropers is agter tralies nadat hulle na bewering Saterdag ’n renosterkoei en haar kalf op ’n wildplaas buite Gravelotte, Limpopo, vir hul horings doodgeskiet het.

Die twee mans is danksy die blitsvinnige optrede van ’n teenstropingseenheid en private veiligheidsmaatskappye in die Gravelotte-gebied in hegtenis geneem.

Werkers op die wildplaas het Saterdagaand die gedempte geweerskote gehoor.

Die twee vermeende renosterstropers wat by Gravelotte in Limpopo in hegtenis geneem is.

Didi Schoeman, voorsitter van die SanWild-wildlewetrust, sê hulle is deur die eienaar van die plaas waar die renosters doodgeskiet is, gevra om te help met die soektog na die stropers.

Hulle is gehelp deur ’n teenstropingseenheid, private veiligheidsmaatskappye, boere en lede van die gemeenskap.

Kort nadat die skote geklap het, het hulle afgekom op die karkasse van ’n witrenosterkoei wie se horing afgekap is en haar 18 maande oue kalf. Die kalf se horing is ook afgesny.

Atac K9-eenheid het spoorsnyhonde gebruik om die stropers in die veld te volg.

Die karkas van ’n renosterkoei wat buite Gravelotte, Limpopo, doodgeskiet is en van haar horing gestroop is.

’n Hommeltuig van SanWild is ingespan en The Hope for Wildlife-helikopter is vanaf Hoedspruit gekry om uit die lug te help soek.

Schoeman sê die vinnige optrede en verskeie rolspelers wat saamgespan het, het gelei tot die inhegtenisneming van twee mans.

Die afgesnyde horing van die renosterkoei is glo by die twee mans gekry.

Die renosters is met ’n swaarkaliber-geweer met ’n knaldemper geskiet.

Brig. Motlafelo Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, kon nie sê wanneer die twee vermeende stropers in die plaaslike landdroshof sal verskyn nie.

Meer oor:  Limpopo  |  Renosters  |  Stropers  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.