Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat glo vals geboorte-sertifikate wil bekom

’n Man en ’n vrou van Umlazi is in die naweek deur die polisie in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle in besit van 37 identiteitsdokumente en 39 geboortesertifikate gevind is.

’n 53-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem nadat ’n vrou by ’n plaaslike hospitaal op ’n bedrieglike wyse aansoek om twee geboortesertifikate gedoen het. Nadat die vrou betrap is, het die polisie se ondersoek hulle na die man se huis gelei.

“Die man is in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op 39 geboortesertifikate, 37 afskrifte van identiteitsdokumente, ’n stempel van die hospitaal, twee skoolseëls, ’n stempel van die onderwysdepartement, twee identiteitsdokumente en kaarte wat as bewys van geboorte dien,” sê brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

“Korrupte bedrywighede van dié aard beroof die regering van baie geld en ontneem minderbevoorregte mense van hul maatskaplike toelaes,” het lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, in reaksie op die inhegtenisnemings gesê.

Die man en vrou is in aanhouding en sal eersdaags in verband met aanklagte van bedrog en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in die landdroshof in Umlazi verskyn.

Meer oor:  Umlazi  |  Inhegtenisname  |  Man  |  Polisie  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.