Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat glo wapens op plaas steel

Twee mans wat glo wapens op ’n plaas buite Tzaneen in Limpopo gesteel het, is Maandag in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die mans is 21 en 49 jaar oud en is tydens ’n misdaadvoorkomingsveldtog in die Dan-nedersetting aangekeer.

Hulle het glo in Februarie by ’n plaashuis in die Letsitele-distrik ingebreek en die vuurwapens, ’n kamera en paspoorte gesteel.

Die twee jaggewere en ammunisie waarop die polisie in Tzaneen in Limpopo Maandag beslag gelê het.Foto: SAPD

Die polisie het Maandag op twee jaggewere en patrone beslag gelê wat glo in die mans se huise was.

Mojapelo sê die publiek het inligting aan die polisie gegee dat die twee mans glo die vuurwapens wou verkoop.

Die mans sal Woensdag in die landdroshof in Nkowankowa op aanklag van diefstal en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en patrone verskyn.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van nog verdagtes wat glo by die inbraak betrokke was, kan speursers. Lucas Raseala by 076 618 0899 bel.

Intussen is niemand nog in hegtenis geneem ná die aanval Sondag op Bert Kotze (49) en sy gesin op ’n plaas in Tinmyne buite Mokopane nie.

Agt mans het Kotze oorval toe hy na van sy diere toe wou gaan. Hy, sy vrou en hul 12-jarige dogter is vasgebind.

Die mans het vier selfone, ’n tabletrekenaar, twee pistole, juweliersware en drie jaggewere gesteel. Hulle het in Kotze se wit Toyota Hilux-bakkie gevlug.

Die polisie en lede van die Heritage Protection Group, ’n misdaadbekampingsorganisasie, het die bakkie sowat 2 km van die plaashuis af gekry. Die aanvallers is vermoedelik deur ’n makker(s) met ’n ander voertuig opgelaai.

Kotze en sy familie is nie ernstig beseer nie. Enigiemand met inligting oor die voorval kan kol. Mmaptisi Sekotlong by 082 565 8426 bel.

Meer oor:  Tzaneen  |  Plaas  |  Wapens  |  Steel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.