Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat hulle as lede van Valke voordoen

Twee mans is Sondag in Marble Hall in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle hulself as lede van die Valke voorgedoen het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê die 24- en die 27-jarige man sal eersdaags in die landdroshof in Marble Hall verskyn.

Volgens hom het die twee mans ’n direkteur van ’n maatskappy, wat onlangs ’n tender gekry het om persoonlike beskermende toerusting vir Covid-19 in Mpumalanga te verskaf, na bewering probeer omkoop.

Hulle het gesê hulle is lede van die Valke en dat hulle die direkteur vir beweerde korrupsie ondersoek.

Die mans het R50 000 van hom geëis om “die dossier te laat verdwyn”.

Maluleke sê die man het onraad vermoed en die Valke ingelig.

Die Valke het ’n lokval vir die twee mans gestel waar hulle op heter daad betrap is toe hulle R20 000 as beweerde omkoopgeld aanvaar het.

Die Valke het ook op vervalste dokumente by die mans beslag gelê.

Die twee mans sal in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie en dat hulle hulself as lede van die Valke voorgedoen het.

Meer oor:  Valke  |  Limpopo  |  Aangekeer  |  Lokval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.