Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat jagluiperds vang, mishandel

“Die sinlose optrede van dié twee mans is afgryslik. Jagluiperds is ongelooflike diere wat moontlike uitwissing in die gesig staar.”

So sê Douglas Wolhuter, bestuurder van die die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV)) se wildbewaringseenheid Maandag in ’n verklaring.

Wolhuter se verklaring volg op die inhegtenisneming onlangs van twee mans wat glo in die besit van twee jagluiperds was.

Een jagluiperd het geleef, maar die ander een was reeds dood.

Die mans is op ’n plaas naby Boshoek in Noordwes by die Botswana-grens aangekeer.

“Ons is verlig dat die lewende jagluiperd moontlik kan herstel, maar sy lewe moes nooit in die eerste plek in gedrang wees nie,” sê Wolhuter.

“Wilde diere hoort in die natuur, waar hul gelaat word om te leef soos die natuur bestem het – vreedsaam.”

Die twee mans is op 3 Maart deur lede van die K9-eenheid van die polisie vir die onwettige besit van die jagluiperds in hegtenis geneem.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, kon dit nie bevestig nie.

“Daar word beweer dat die jagluiperds deur die verdagtes met honde en perde gejag is. Die lewendige jagluiperd was in swak toestand en is na ’n wildveearts geneem vir behandeling en rehabilitasie,” lui ’n verklaring.

“Die NDBV is bewus van die onwettige vang van diere soos die jagluiperds. Dié mense wat hierdie diere mishandel moet die nodige gevolge dra.”

Meer oor:  Dieremishandeling  |  Misdaad  |  Inhegtegisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.